Neydine en Dewald se hele liefdes verhaal is buiten die wêreld, vanaf hulle verlowing in San Francisco op die Golden Gate brug. Die sprokies troue was op ‘n plaas in die Vrystaat reg langs die Caledon rivier. Dié selfdoen troue is een van sy soort. Hulle het twee lekker groot tafels gehad met papier tafeldoeke op en gaste se kos wat bedien in piekniek bokse met plek vir hulle wyn en eetgerei. Dit was een groot makietie gewees toe ‘n jazz-orkes begin speel het gedurende die ete. Daarna het hulle verder gaan makietie in ‘n lekker groot skuur op die plaas. Hoe sal jy jou groot dag wil deurmaak?
Rol af en word geïnspireer deur Dewald en Neydine se selfdoen troue.
Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?
Ek en Dewald het saam argitektuur gestudeer en het sommer gou goeie vriende geraak. Ons deel ‘n groot liefde vir reis en het al ‘n hele paar wereld-avonture saam gehad. Ons het in 2012 besluit om die V.S.A. te verken. Dewald het net aan die anderkant van die Golden Gate brug in San Francisco op n klein bankie, ‘n ring uit n kous gepluk en op een knieg gegaan. Hy het my gevra om in Las Vegas met hom te trou voor Elvis! Ons het in Vegas aangekom, en toe egter besluit om liewer die groot dag met ons familie en vriende te vier en so het al die beplanning begin.
Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?
Ons het van die begin af geweet dit moet buite wees. Die troue moet ‘n sprokie piekniek wees! Ons het die ongelooflikste plek gekry in die Vrystaat, kompleet met ‘n reuse populier woud langs die Caledon rivier. ‘n Bus het die gaste vanaf Ladybrand tot en met die plaas gebring waar hulle met ‘n ystee deur die woud kon stap na die rivier bank toe waar ons getrou het. Ons het talle wit diertjies uitgeknip wat oraal in die bos geplaas om die sprokie tema te versterk.
Na die diens het ek en Dewald die gaste met n ander paadjie na n opening in die bos gelei. Dit was die perfekte plek vir ons om twee lang tafels te dek met papier tafeldoeke wat ook as tafel dekorasie gedien het. Ons het die kos bedien in piekniek bokse, met plek vir wyn borde en eetgerei vir elke paartjie. ‘n Jazz-band het die gaste vermaak in die skaduwee van die woud tydens ete.
Na die onthaal het ons die partytjie begin in ‘n eeu-oue skuur, en ons het tot middernag gekuier!
Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?
Ons was Thailand toe vir ‘n tropiese eiland vakansie! Dit was ongelooflik om net heeldag op die strand te kon ontspan, te swem en sommer net heeldag niks-doen.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Splendid Productions
- Rok: Lisa Nel
- Onthaal: Don Don river mill lodge
- Spyseniering: Prep’d by Sasha
- Tafeldoeke en piekniek bokse: Love Detail
- Jazz-Orkes: The Rad Jazz