David en Nadia het hul mooi troue by Nantes Estate, net buitekant Paarl gehou. Hulle sagte pers kleurskema het perfek ingepas by die mooi landerye van Nantes. Die Paarl berge in die agtergrond van die foto’s was ook ‘n mooi. Een van die mooiste elemente van David en Nadia se mooi troue in die wynlande, was die spierwit duiwe wat hulle vrygelaat het nadat hulle getrou het.
Hoe het ons verloof geraak?
David wou weggaan vir die naweek en bespreek toe ‘n plekkie in Hermanus. Ek het geen idee gehad van wat hy vir daardie naweek beplan het nie. Ons het Skemerkelkies langs die see gaan geniet en net voor sonsondergang het hy my na een van my gunsteling strande geneem. Terwyl ons na die mooiste sonsondergang kyk, draai hy na my toe, vertel my hy ‘s baie lief vir my, gaan op sy een knie, haal die boksie met die ring uit sy sak en vra my net daar om met hom te trou! Ek het dadelik JA geantwoord!!
Advies vir paartjies wat trou:
Geniet elke oomblik van jul trou beplanning. Moenie die tyd omwens nie, tyd vlieg so vining verby, veral die laaste paar maande! Onthou ook om elke oomblik in te neem op die dag van julle troue. Dit is die beste dag ooit van julle lewens! Dit is julle dag en beplan die dag hoe julle dit wil doen en nog altyd oor gedroom het!
Wat sou ons verander het?
As ons weer ons troudag kon oorhê, sou ons niks daarvan verander nie. Alles het perfek verloop vanaf die oggend tot die aand. Ons het ons seremonie buite met die mees ongelooflikste uitsig om ons gehad, soos ons dit van die begin af wou hê, die weer het goed saamgewerk. Ons het die mooiste fotos van ons “couples shoot” gekry. Die onthaal, toesprake, ons eerste dans.. beste herinnieringe ooit! Dit was die gelukkigste en perfekste dag van ons lewens.
- Fotograaf: Christelle Rall
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Rok: Ever After Bridalwear
- Venue: Nates Estate