Zandré en Melissa het die mooiste verlowing fotosessie gehad in ‘n pragtige woud omgewing. Dit was amper soos ‘n sprokies verhaal. Hulle het lekkergoed gebruik om die fotosessie op te helder en om dit meer persoonlik te maak.
Baie mense weet nie waar om hule verlowing fotosessie te hou nie. Fotograwe beveel soms aan dat die fotosessie of by die plek is waar die paartjie gaan trou en dan se ander dit is beter om dit by ‘n ander plek te hou want dan het jy ‘n verskeidenheid van foto’s.
Rol af om meer te sien van Zandré en Melissa se woud verlowing. Mooi Troues se lesers sal baie inspirasie hiervan af kan kry in verband met moontlike verlowing fotosessie bestemmings. Indien lesers nog meer inspirasie benodig, klik hier en gaan kyk na talle ander verlowing fotosessies gepubliseer op ons webtuiste.
Hoe het ons verloof geraak?
Na 11 jaar van vriendskap waarvan ons al 6 jaar uitgaan het Zandré Pieterse my oor die pragtigste son opkoms gevra om sy vrou te wees! Hy het my die oggend van 19 Mei 2013 my baie vroeg uit die bed gejaag om te gaan 4×4 by die grys naby Franskraal buite Gansbaai. Hy het uitgery oor die sand duine tot waar ons net die son, see en sand kon sien. Met ʼn uitsig oor die einste Uilenkraalsmond strand waar ons vir die eerste keer ontmoet het! Ek was nie eers bewus dat daar al ʼn ring was nie so dit was ʼn groot verassing toe my beste vriend en lewensmaat uiteindelik op sy knieë gegaan het!
Wanneer beplan ons om te trou?
Ons beplan om Saterdag, 1 Maart 2014 die knoop deur te haak, by DuVon naby my tuis dorp Robertson.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
Fotograaf: Lindie Meyer Photography
[endsection]