Wilmarie en Rainier het by die pragtige Kleinevalleij trou onthaal getrou. Kleinevalleij is sinoniem met styl, luuksheid en troues wat absoluut jou na jou asem sal laat snak. Ons is totaal en al verlief op Wilmarie en Rainier se troue, haar rok, die dekor, die onthaal, die foto’s alles is net perfek. Ons is veral mal oor die ligte in die onthaal wat oor die tafels hang, dit skep ‘n baie moderne maar ook industriële tipe gevoel. Die gras en sement blokke wat deel uit maak van hulle privaat fotosessie vat mens na Frankryk toe, voel presies of hulle in ‘n Franse dorpie lê. Charl van Agapé Studio se foto’s is altyd ‘n wenner, ‘n spesiale dankie vir Wilmarie en Rainier se pragtige troufoto’s, die gaan definitief in ons lysie van gunsteling troues gaan vir die jaar. Geniet die foto’s en deel dit met almal wat jy ken.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het verloof geraak op Delvera wynplaas in Stellenbosch, waar ons ook ontmoet het. Omstreeks 3h die Saterdagoggend het ek haar wakker gemaak en gesê dat sy NOU moet opstaan, want ek het ‘n verrassing… “Al wat jy hoef te weet is dat ons gaan alleen draf en dan ontbyt eet iewers… vergeet van die trail run”, was my woorde. 4 am Daardie oggend het ons gestop by Delvera wynplaas en die Klapmutsheuwel begin uitstap. Net voor sonsopkoms het ons bo gekom, waar ons ‘n ontbyt-piekniek geniet het.
Woorde regverdig nie hoe mooi die 360 grade uitsig oor die Boland daar vanaf is nie. Nadat ek haar ‘n uur daarbo gehad het en eers rustig geraak het met ‘n paar grappies en die uitpluk van snaakse ontbyt-items uit my rugsak, en Wilmari skynbaar niks vermoed het nie, was die laaste item om uitgehaal te word die ring. Alles rondom my het weg geraak toe hy op sy een knie sak! “Ek kan nie meer die lewe sonder jou onthou of verder indink nie” is al wat ek kan onthou. En soos hulle sê, die res is geskiedenis.
Hoe het julle besluit op trou-onthaal?
Ons was met die eerste oogopslag betower deur Kleinevalleij, wat tussen berge en wingerde, in die hartjie van die Boland geleë is. Nadat ons uitgevind het dat hulle slegs 1 Saterdag beskikbaar het in die maand wat ons wil trou, het ons nie verder gesoek nie. Die onthaal was sprokiesmooi, elegant en romanties, tog rustiek met ‘n warm en vrolike atmosfeer. Die betrokke diensverskaffers ([kraak], Varsliefde en Goeters) was regtig supersterre op hierdie dag en sonder hulle sou ons droom troue nie moontlik wees nie.
Waar was julle op wittebrood?
Ons het ons eerste twee aande so bietjie in Die Laan (Stellenbosch) gaan soen en toe, MAURITIUS!!! Dit was net so wonderlik soos in die prentjies… helderblou seewater, pragtige lang strande, skemerkelkies en soveel kos soos wat mens kan eet! Hierdie was maklik: 1. Ek het geweet Wilmari sal hou van ‘n “eiland” wittebrood + 2. Ek wil al sedert 1995 daarheen gaan. Dit moes egter ‘n verrassing bly! Elke keer wat sy gevra het was my antwoord dus dat ons “Noordpool” en “Hartenbos kampeerterrein” toe gaan. Dit was wonderlik om die verrassing uiteindelik met haar te kon deel op pad lughawe toe!
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Agapé Studio. Photo & Video Productions
- Onthaal: Kleinevalleij
- Meubels en ekstras: Baie Goeters
- Rok: Elizabeth Stockenström
- Grimering: Marli Basson
- Blomme: Varsliefde
- Dekor + Koördinering: Kraak
- Kos: Malitha Joubert Catering
- Koek: Kraak