Anneke & J.P. se pragtige bosveld troue was in Bela Bela op ‘n beeldskoon someraand in Maart gehou. Anneke het haar eie troue se dekor gedoen. Ons kan sien dat sy baie moeite daarin gesit het van blik bekers met vetplante in, goiing sakke as deel van die tafeldoeke en die mooiste wit linne, gebreide wol omhulsels vir die eetgerei en vlaggies wat uit die tent dak van die prag plaas Bela Bela hang. Proteas en fynbos was ook deel van die tafel dekor. Die dekor het perfek by die hele bosveld gevoel van hulle trou tema gewerk
Die fotograwe Anneke en J.P. het die mooiste, sagste en mees natuurlikste foto’s gekry. Veral die laaste paar son ondergang foto’s waar Anneke en J.P. in die water staan en die sonsondergang so oor die bosveld val.
Hoe het ons verloof geraak?
Ek het vir ons ‘n wegbreek naweek beplan na Mosselbaai om ons ses jaar herdenking te vier. J.P. het dit toe as die perfekte geleentheid gesien om die groot vraag te vra! Dit was ‘n reuse verrassing, ek het niks verwag nie want ons het dan nog nie eens die ring laat maak nie (wat hy toe al die tyd skelm laat maak het)! Ek het gelag, geskree en gehuil alles in een! Dit was so ‘n opregte oomblik vol emosie wat ons nooit sal vergeet nie.
Advies vir paartjies wat hul troue beplan?
Moet jouself nie bekommer of ontstel oor klein dingetjies wat verkeerd loop op die groot dag nie, net jy weet daarvan en niemand anders sal eers iets agterkom nie! Moet nooit vergeet waaroor die dag eintlik gaan nie, nie net ‘n pragtige troudag nie, maar die begin van ‘n pragtige huwelik.
Wat sou julle verander het?
Daar is absoluut niks wat ons sou wou verander nie. Dit was een groot partytjie, ‘n naweek troue met ‘n ontspanne atmosfeer. Dit was soveel pret om alles self te kon doen en die resultate van maande se beplanning te kon sien. Die seremonie was so emosioneel en God se teenwoordigheid en liefde was duidelik teenwoordig. Alles was perfek!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Kikitography
- Onthaal: Kuthaba Lodge