Wit, rooi en koningsblou is Bernard en Charlotte se stylvol en klassieke troue se kleurskema. Bernard en Charlotte het by die pragtige Vaal de Grace golf landgoed getrou. Dit was ʼn pragtige bewolkte dag. Ons is mal oor die manier hoe Bernard en Charlotte die stadsgevoel gemeng het met die plaas gevoel.
Die eksentrieke kleure en die pragtige ou trou motor bied vir Mooi Troues se lesers baie inspirasie vir hul toekomstige trou dekor opsies. Die blomme op hul tafel was fynbos gemeng met die pragtigste sag blommetjies. ʼn Rooi tafeldoek en die mooiste glas en staal vase was ook op die tafels. Ons kan die troue beskryf as ʼn droom troue uit ʼn sprokiesverhaal-stylvol en klassiek. Spesiale dankie aan Nanet Skead vir die mooiste foto’s.
As ons lesers tans besig is met die beplanningsproses van hul troudag, sal Bernard en Charlotte se stylvol en klassieke troe baie inspirasie bied. Indien Mooi Troues se lesers nog meer inspirasie benodig, kan hul gerus na ons webtuiste toe gaan vir meer. Mooi Troues bied ook aan al ons lesers ‘n trougids aan, wat tonne betroubare diensversaffers lys. Klik hier om ons trougids te besoek.
Rol af om meer te sien van Bernard en Charlotte se stylvol en klassieke troue.
Hoe het julle verloof geraak?
Dit was my verjaarsdag. Bernard het my, soos elke ander Saterdag, kom haal om saam met hom plaas toe te ry. Toe ons daar aan kom het ons eers deur die beeste gery. Hy kies toe koers na die dam toe. Van ver af kon ek al die groot wit hout harte wat op paaltjies in die grond gestaan het sien … Ek het eers gedink dit is ‘n verrassing vir my verjaarsdag! Toe ons nader kom en ek die mooi kleurvolle kombers, die klaar voorbereide ontbyt en die sjampanje sien … Toe het ek geweet dat daar ‘n ander rede vir die piekniek moes wees!
Hoe het julle besluit op jul trou onthaal?
Ons wou graag in die mooi sandsteen kerk in Vredefort trou. Ons het ook ‘n mooi plek, naby aan die natuur, maar met die regte infrastruktuur gesoek waar ons die onthaal in ‘n tent kon hou. Vaal de Grace Golf Estate was perfek hiervoor! Ons koester ons familie en vriende en wou graag ‘n gesellige en hartlike onthaal hê. Daarom het ons warm kleure, linne, goeie musiek en baie kerse gebruik om ‘n heerlike atmosfeer te skep. Ons het werkies uitgedeel aan ons vriende en familie. Hulle het almal gehelp om ons troudag perfek te maak.
Wat het julle vir jul wittebrood gedoen?
Ons wittebrood was by Elephant Plains Game Lodge, in die Sabi Sand. Dit was ‘n groot bederf met als waarvoor ons lief is: die natuur, heerlike kos en baie tyd vir mekaar.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Nanet Skead
- Onthaal: Vaal de Grace