Almero & Candice se prettige pastel troue

Die prettige pastel troue van Candice en Almero was in Villiersdorp gehou.  As lesers so deur hulle trou foto’s kyk sal jul baie inspirasie kry.  Veral as jul ʼn lekker groot troue wil hou en uit idees is oor onthaal areas.

Partymaal moet jy net rustig wees en dink presies wat vir jou belangrik is, luuksheid of  ʼn lekker kuier saam met die mense wat jou lief het.  Hulle foto’s het die pragtigste plattelandse gevoel en sagte lig. Catherine Mac het hulle spesiale dag afgeneem en dit verewig met pragtige foto’s.  Ons moet net weereens se as jy mal is oor pastel kleure sal jy mal wees oor die troue.

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0004

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0005

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0006

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0007

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0008

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0009

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0010

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0011

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0012

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0013

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0014

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0015

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0016

Hoe het julle ontmoet, en hoe was die verlowing?


Ons wasʼn skoolkys/skoolliefde. Ons is nou al 13 jaar saam (na 12 jaar het Almero op sy knie gegaan en die groot vraag gevra). Hy het my bo-op Kanonkop (Simonsberg) gevra om te trou. Hy het al vroeer die dag ʼn piekniek mandjie met vonkelwyn en veldblommetjies daar gaan wegsteek sodat hy my kon vra wanneer dit sonsondergang is. In sy opgewondenheid was ons sowat ʼn uur te vroeg vir die sonsondergang.. haha.. ons het lekker sit en warm kry daar bo, maar toe hy daai vraag vra was dit alles die moeite werd, dit was soos ʼn sprokiesverhaal, ek het niks vermoed totdat ons byna bo-op die berg was nie want ons het dikwels so in die veld gaan piekniek hou..

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0017

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0018

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0019

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0020

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0021

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0022

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0023

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0024

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0025

Hoekom het julle besluit op die trou onthaal?


Ons kom albei van Villiersdorp af waar ons saam op skool was en daar is ʼn lekker groot skou saal waar ons toe ons onthaal gehou het. Ons wou graag almal vir wie ons lief is daar hê vir ons liefdesfees en ek wou graag self al die dekor goedjies doen, so dit was vir ons die ideale venue.. en ons kon makietie tot in die vroeë oggendure! Ek is mal oor pastel kleure so dit was basies ons tema, pastel en prettig! En Alida, van Flowers in the Foyer, het die allermooiste pastelkleurig blomrangskikkings vir ons gedoen!

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0026

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0027

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0028

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0029

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0030

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0031

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0032

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0033

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0034

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0035

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0036

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0037

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0038

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0039

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0040

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0041

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0042

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0043

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0044

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0045

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0046

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0047

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0048

Wat het julle gedoen vir julle wittebrood?


Almero het die die wittebrood self beplan.. dit was vir my ʼn groot verrassing. Ons is Zanzibar toe en dit was hemels! Ek het tot ons op Nairobi lughawe was nog nie heeltemal geweet waarheen ons gaan nie, maar die oord waar ons gebly het was ongelooflik (Azanzi Beach Resort). Ons het lekker op die strand gele, gaan snorkel, op toere gegaan ens. Dit was die lekkerste lekker.

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0049

Catherine_Mac_Photography_Cape_Town_Wedding_Photographer_0050

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag.  Vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]