Etienne en Amanda se selfdoen troue was een groot makietie gewees. Hulle het in die oulike dorpie, Porterville getrou, wat mens amper kan beskryf as ล plattelandse dorpie. Hulle troue was een van die mooiste self gedoente troues wat ons in ล lang tyd gesien het. Ons kon duidelik sien dat Etienne en Amanda hulle self gate uit geniet het. Dit is immers die mees spesiaalste dag in hulle lewens as ล getroude paartjie.
Ons het verlief geraak op die pragtige sonsondergang fotoโs wat deur een van Suid-Afrika se beste fotograwe afgeneem is, Moira West. Wel ons dink dit sal die beste wees as ons min woorde het en meer fotoโs so geniet al die mooi fotoโs van die selfdoen troue hieronder.
Hoe het julle mekaar ontmoet en verloof geraak?
Ons het mekaar ontmoet by n dans plek een aand in 2010 en was onmiddellik aan die gesels toe ons nou uiteindelik mekaar ontmoet, maar nietemin. Ons het nommers uitgeruil en mekaar van die volgende dag af begin SMS en MXIT.
Na so paar weke se hier en daar uitgaan en boodskappe verruil, het Amanda net verdwyn en eers weer amper twee maande later haar verskyning gemaak in dieselfde dans plek waar ons ontmoet het. Nou, dit was na hierdie ontmoeting wat ons nie weer mekaar sou laat gaan nie.
So twee maande later het ons begin uitgaan en omtrent โn jaar en drie maande later het ek haar gevra om met my te trou een oggend in April verlede jaar by Hudsons on Vredenheim in Stellenbosch. Ek het haar gevat vir n ontbyt (wat โn piekniek sou wees as dit nie gereรซn het nie) en na die tyd het ons gaan stap in hulle tuine en daar tussen al die plante het ek op my een knie gegaan en die jawoord gevra. En soos hulle sรช: die res is geskiedenis โฆ
Hoe het julle besluit op die onthaal saal?
Ons het hierdie onthaal gevind op n kampterrein se webtuiste waar ons al voorheen gaan kamp het. Ons het net geweet dat dit die onthaalplek is wat ons wou gebruik en die deposito sommer net daar en dan betaal, nog voor ons die plekkie met ons eie oรซ gesien het.
Wat het julle gedoen op julle wittebrood?
Ons was baie bevoorreg gewees om verblyf in die Beacon Island Resort (Plettenbergbaai) as โn geskenk te kry. So ons was Plettenbergbaai toe vir twee weke en goedjies in en om Plettenbergbaai gedoen. Alles van Olifante ry, Cheetahs stap, Tier welpies troetel tot Crocodile cage diving. Ons het darem tyd gehad om te rus ook.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy โn internet konneksie het en โn toestel wat gekonnekteer is tot โn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of โn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy โn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Moira West
- Onthaal: Laatson Skoonheid
- Kar: Albert Brink
- Dekor: Hiring 4 U
- Skryfbehoeftes: Madre Kohn