Ons deel vandag Liesl & JC se vintage-geïnspireerde wylandgoed troue, gekombineer met ʼn pastel palet van pienk en lila. Antieke silwer pêrels en kant, versier die sagte details van Liesl se ruiker. Die roosblare wat voor Liesl en JC se tafel gestrooi is, het bygedra tot die baie romantiese aanslag van hul wynlandgoed troue.
Liesl se Lady Marmalaide rok is absoluut asemrowend. Hulle het hul prentjie mooi wynlandgoed troue by die Groenvlei onthaalarea gehou. Die paartjie het waarlik hul troudag geniet. Glo ons, as jy die foto’s sien wat die talentvolle fotograaf geneem het, sal jy verstaan hoekom ons so sê!
Hoe het julle verloof geraak?
Na so baie jare het ons uiteindelik verloof geraak op 11 Maart 2012, want JC wou eers wag vir sy studies voordat hy enige verdere planne wou maak. JC het my na Kirstenbosch se Botaniese Tuine gevat op die heerlikste sonnige dag. Ons het rondgeloop en mekaar se geselskap geniet. Na seker so ‘n halfuur het JC vir ons ‘n piekniekmandjie uitgepak waar ons gesit het en die landskap bewonder het. Die volgende oomblik hou hy my van agter af vas en sê vir my: “Jy weet ek is lief vir jou, reg? … Sal jy my vrou wees?”. Ek het onmiddellik begin giggel-my droom het uiteindelik waar geword! Na so ‘n paar minute het ek ja gesê en die res is iets van die verlede.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shireen Louw Photography
- Onthaal: Groenvlei
- Trourok: Lady Marmalaide