Advies: Musiek by jou troue

Troues is oor die algemeen ʼn vreugdevolle affêre.  Die afwagting om te sien hoe die bruid in haar rok lyk, familie van vêr sien mekaar weer na ʼn lang tyd, die omgewing en venue skep ʼn gevoel van “vakansie.”  Smaakvolle kos word bedien en sjampanje word gedrink; Sodra die formaliteite klaar is, begin die feesviering!

Ivan-Elsa-se-troue-soos-gesien-op-Mooi-Troues_0056

Musiek het al ʼn rol gespeel vanaf die oomblik wat jy aangekom het by die venue. Hier is areas waar musiek ʼn belangrike rol speel:

Seremonie:


Agtergrond musiek is belangrik om ʼn rustige atmosfeer te skep sonder ongemaklike stiltes. Gaste moet nog bekend word met hul omstandighede en vreemde gesigte. Musiek maak die proses so effens beter.

Die bruid se inloop liedjie:

Dit kan gedeel word met haar bruidsmeisies of sy kan reël met die DJ of musikante om die liedjie saggies af te eindig die oomblik wat die bruidsmeisies almal voor is. Daarna kan ʼn spesiale liedjie net vir haar gespeel word. Skep afwagting, laat die gaste wonder en geniet dan die oomblik, so loop stadig!

Die uitloop liedjie vir die pasgetroudes:

Indien die paartjie die seremonie area moet verlaat word om die register te teken, reël dat ʼn oulike liedjie gespeel word hiervoor en nie net weer agtergrond musiek nie. Maak seker die musiek beklemtoon die salige oomblik.

Die konfetti-liedjie:

Indien die paartjie nie die seremonie area hoef te verlaat nie en die gaste hul plekke neem om die konfetti te gooi, kan die uitloop-liedjie dien as konfetti liedjie. As die paartjie gaan terug kom vir konfetti, vra jou DJ om ʼn liedjie reg te hê hiervoor. Met dit gesê, jou musikante of DJ’s mag moontlik ʼn probleem hê om die klank toerusting so gou te skuif indien die nuwe area te vêr is.

Voor-Drankies:


Agtergrond musiek is weereens ʼn belangrike faktor tydens die voor-drankies. Gaste wag normaalweg tussen ʼn uur of twee vir die bruidspaar terwyl fotos geneem is. Vermaak hulle met musiek, of dit nou iemand is op akoestiese kitaar of jou DJ. Reël net vooraf met jou DJ en vind uit of hulle ʼn ekstra sisteem het hiervoor – meeste van die tyd stel hulle al op in die onthaal area net na die seremonie. Onthou dit vat tyd om hulle toerusting op en af te stel.

Ivan-Elsa-se-troue-soos-gesien-op-Mooi-Troues_0057

Onthaal:


Weereens, agtergrond musiek!

Bruidspaar se inloop liedjie:

Ek stel voor dat dit ʼn liedjie is met ʼn lekker tempo of iets wat die oomblik ongelooflik “epic” gaan maak. Glimlag soos jy inloop en doen sommer ʼn vinnige draai, dip en soen!

Koeksny-liedjie:

Vra vir jou DJ om ʼn liedjie gereed te hê hiervoor – die sny van die koek is ʼn formaliteit, so die oomblik moet uitstaan.

Die gooi van die bruidsruiker

Kies ʼn vrolike en meisierige-liedjie, hierdie is ʼn oomblik vir die dames.

Die gooi van die kousband:

ʼn Prettige tema-liedjie van ʼn tipiese “man” fliek is altyd ʼn treffer. Hoor by die DJ wat hulle sal voorstel.

Pa en Dogter Dans:

Dit is ʼn spesiale oomblik waar die pa sy dogter oor gee aan ʼn ander man, kies ʼn mooi liedjie om dit te beklemtoon.

Die Eerste dans:

Een van my gunsteling oomblikke van ʼn troue – daar is min dinge wat so romanties is soos pasgetroudes wat ʼn intieme eerste dans saam geniet. My persoonlike voorkeur hiervoor is, ʼn stadige romantiese liedjie. Al die oë is op julle gevestig (en dis ietwat intimiderend), so ʼn vinnige liedjie mag moontlik komplikasies hê met ʼn trou rok. Hou dit eenvoudig en elegant.

Sodra die formaliteite afgehandel is, is dit partytjie-tyd – onthou dat ʼn troue NIE ʼn nagklub is nie. Jy het ʼn groot verskeidenheid mense by jou troue so probeer om ietsie vir almal te speel. ʼn DJ wat sy sout werd is, sal dansende skare kan lees en musiek speel wat hulle wil hê. ʼn Troue is die een plek waar jy maar mag “cheesy” wees, so maak ʼn versoeking aan jou DJ vir die treffers uit jou jong dae.

Ons het ʼn rukkie terug hierdie Platejoggie-versoek kaartjies gemaak, klik hier om daarna te kyk.

Druk hiervan uit en vra jou gaste om ʼn paar versoeke neer te skryf.

Ons gunsteling DJ, Compact Sound het op sy webtuiste ʼn paar liedjie voorstelle wat in sy ondervinding die beste werk

Ivan-Elsa-se-troue-soos-gesien-op-Mooi-Troues_0056

Klik hier vir meer diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: