Vandag se publikasie, van Jana en Retief, is besonders mooi. Jana het self die skryfbehoeftes gemaak met die oulike bewoording op. Die blomme en dekor was deur Flamboijant gedoen. Wat die troue spesiaal maak, is dat die trou in die opelug gevier was.
Hoe het julle die eerste keer ontmoet?
Ek en Retief het mekaar ontmoet deur gemeenskaplike vriende by ‘n sosiale geleentheid. Hy het vir iemand daar gesê: ‘Met hierdie meisie gaan ek trou eendag’. Ons het daardie aand nommers uitgeruil en het begin gesels en nooit weer opgehou nie. Van die begin af was ons beste vriende en kon alles met mekaar deel.
Ons het dieselfde belangstellings en vul mekaar aan.
Hoe het julle verloof geraak?
Ons het so instelling dat elkeen ‘n beurt kry om nou en dan ‘n “surprise” naweek weg te reël, dit was die spesifieke naweek my beurt en ons is Tulbach toe, ons het die Vrydag middag daar aangekom, ons het in die mooiste huisie tussen die bome met ‘n pragtige uitsig gebly.
Die Saterdag oggend het ons wakker geword en is ons bedien met ontbyt in die bed, ons het toe die ontbyt buite op die dek van die kamer gaan eet om die mooi uitsig oor wild wat rustig rondloop te aanskou. Ek het vir Retief gevra hy moet asb vir my iets van binne die huisie bring en toe hy terugkom en ek omdraai sien ek hy is op sy knieë met ‘n boksie in sy hand waarin die mooiste ring is wat ek al ooit gesien het. Hy vra my toe of ek met hom sal trou, in pajamas en al sê ek JA en gryp hom om die nek, my hart het ‘n paar keer ‘n skip gegee.
Daarna is ons na die spa daar op die landgoed en is ons behoorlik bederf met sjampanje en ‘n laat middag tee. Retief verras my toe op die naweek wegbreuk wat ek gereël het en nooit sou ek dit verwag het nie.
Toe ons die aand terugkeer na ons huis het ons vriende ons ingewag met ‘n “surprise” braai waar almal ons geluk gewens het en saam met ons die groot nuus gevier het. Dit was naas ons troudag een van die spesiaalste dae ooit.
Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?
Ons was 9 jaar saam voor ons getrou het, ons is skool liefdes wat elkeen eers ons eie loopbane gevestig het en deur dit alles steeds saam aan die ander kant uitgekom het. Van oorsese werke tot universiteits dae het ons steeds geweet ons wil vir altyd saam wees.
Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?
Maak nie saak hoe besig die lewe is nie maak altyd tyd vir mekaar, waardeer die klein goedjies in die lewe. Stel altyd die ander een bo alles. Daar is niks lekkerder as om die res van jou lewe saam met jou beste vriend/vriendin te spandeer nie. Dit maak alles die moeite werd.
Wat die trou reëlings aanbetref, wees rustig en sorg dat die reëlings vroeg genoeg voor die tyd klaar is, dan verlig dit die spanning en dan geniet jy ook jou troudag soveel meer. Vat ‘n paar minute op jul troudag en neem alles in, die tyd gaan so vinnig verby en die heel belangrikste van alles, geniet mekaar dit gaan tog net oor julle twee.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Seremonie: Golden Riviera, Robertson
- Onthaal: Saratoga, Robertson
- Dekor en Blomme: Flamboijant
- Grimering en hare: Lisa Brown
- Troukoek: Louise Heyns
- Trourok: Robyn Roberts
- Troupak: Trenery Woolworths
- Spyseniering: Di Doms van Plum Kitchen
- Live Band: Henry Conradie
- Fotograaf: Inecke Photography
- Videograaf: Popped Red Balloon Productions
- Skryfbehoeftes en DIY: Bruid self