Johann & Suzaan se stal troue

Dié paartjie het eers na ‘n paar jaar ontdek dat hul eintlik mekaar al van te vore ontmoet het, Maar nie te min, tyd en liefde werk saam om paartjies op die regte oomblik by mekaar te bring.  Johann en Suzaan het uit eintlik ‘n pragtige plaastroue gehad waar die makietie gehou was in ‘n stal.

Johann & Suzaan se troue_0002Johann & Suzaan se troue_0003Johann & Suzaan se troue_0004


Hoe het julle die eerste keer ontmoet?

Voor ons offisieel deur ‘n vriend ontmoet het in ons tweede jaar van universiteit, was ons al saam op ‘n sport toer Engeland toe en het nie van mekaar geweet nie! Eers later kon ons foto’s vergelyk en het toe agter gekom ons ken mekaar eintlik! Verlief en verlore van toe af!


Johann & Suzaan se troue_0005 Johann & Suzaan se troue_0006 Johann & Suzaan se troue_0007 Johann & Suzaan se troue_0008 Johann & Suzaan se troue_0009 Johann & Suzaan se troue_0010 Johann & Suzaan se troue_0011


Hoe het julle verloof geraak?

Johann het my vroeg oggend opgejaag om te gaan ontbyt eet saam familie. Ons kelner bring toe vir ons die lekkerste cuppachino’s met ‘n swart boksie op die skinkbord … alles het so onwerklik gevoel! Hier gaan die man van my drome toe op sy knie en haal die mooiste mooi ring uit en al wat ek kon sê is JA!! Ons vier dit toe met geroosterde kaas broodjies en koffie, hoe lekker!!! Na die tyd is ek bederf by die spa langs die restaurant.


Johann & Suzaan se troue_0012 Johann & Suzaan se troue_0013 Johann & Suzaan se troue_0014


Hoe lank was julle saam voor jul getrou het?

Ons het mekaar so 4 en ‘n half jaar geken voor ons getrou het!!


Johann & Suzaan se troue_0015 Johann & Suzaan se troue_0016


Advies wat julle aan ander paartjies kan gee?

Wees uniek in alles wat julle beplan vir jul groot dag, kyk hoe julle anders kan wees as al die ander troues. Maak dit jou eie en doen wat vir julle spesiaal is! Moenie toelaat dat enige iets of iemand jou vreugde op die groot dag steel nie -wees net gelukkig! Dis al waaroor dit gaan. Onthou om aan die groter prentjie te dink, hoekom jy met jou man trou en hoe baie julle uitsien na jul lewens saam!


Johann & Suzaan se troue_0017 Johann & Suzaan se troue_0018 Johann & Suzaan se troue_0019 Johann & Suzaan se troue_0020 Johann & Suzaan se troue_0021 Johann & Suzaan se troue_0022 Johann & Suzaan se troue_0023 Johann & Suzaan se troue_0024 Johann & Suzaan se troue_0025 Johann & Suzaan se troue_0026 Johann & Suzaan se troue_0027 Johann & Suzaan se troue_0028 Johann & Suzaan se troue_0029 Johann & Suzaan se troue_0030 Johann & Suzaan se troue_0031 Johann & Suzaan se troue_0032 Johann & Suzaan se troue_0033 Johann & Suzaan se troue_0034 Johann & Suzaan se troue_0035 Johann & Suzaan se troue_0036 Johann & Suzaan se troue_0037 Johann & Suzaan se troue_0038 Johann & Suzaan se troue_0039 Johann & Suzaan se troue_0040

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

  • Fotograaf: Howling Moon Photography
  • Venue: The Red Barn
  • Trourok: Elbeth Gilles Couture
  • Juwele: Sonja Cilliers van Larum Juweliers
  • Bruidegom: Polo
  • Spyseniering en Dekor: Ezette Prinsloo, Farm Inn
  • Hare & Grimering: Beau-tainment
  • Blomme: The Green Chameleon
  • Musiek: Dieter Uken Entertainment
  • Strooimeisie rokkies: Foschini
  • Strooijonkers: Woolworths & My Bro Tie