Ciske & Ockie se mooi troue

Ciske en Ockie het by die oulike venue getrou, geleë langs die pragtige Bergrivier sowat 10 minute se ry van Riebeeck Kasteel.

Ciske en Ockie se troue het ʼn lekker, maar elegante, plaas gevoel gehad.  Dit is troues soos dié wat ʼn goeie atmosfeer skep en wat gaste gemaklik maak.  Almal kan só die dag uiters geniet.

Die sagte kleurskema en gevoel van hulle dekor pas so mooi in by die growwe plaaslewe. Sagte kleure verander ʼn plaasatmosfeer in ʼn sagte, elegante tema.

Een van die oulike goedjies wat vir ons uitgestaan het was die roomyswa in die venue.

Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0001

Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0002 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0003 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0004 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0005 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0006 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0007 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0008

Hoe het julle verloof geraak?


Na omtrent sewe jaar saam, in Desember 2013, het Ockie die een Saterdag genoem hy het iets lekker vir die aand beplan. Vir Ciske was dit vreemd toe sy vriende wou nooi om saam te gaan en hy net keer.

Ons het heel middag wyn gedrink by Lourensford, waar hy glo daar al die vraag wou vra, maar die ring in die kar vergeet het. Daarna het ons gaan skemerkelkies drink en toe hy eers ʼn Jägermeister bestel vir die senuwees het Ciske begin agterkom iets is aan die gang.

By Waterkloof in Somerset-Wes met die mooiste uitsig het hy op sy knieë gegaan en die groot vraag gevra. Ciske het dit glad nie verwag nie en hy het haar verras met ʼn nagemaakte ringetjie, sodat ek die volgende dag self my droom ring kon kies. Die lekkerste lekker was om saam die mooiste ring te kies en ʼn paar dae daarna met die ring aan my vinger te vertrek vir die somervakansie!

Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0009 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0010 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0011 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0012 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0013 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0014 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0015 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0016 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0017 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0018 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0019 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0020

Wat het julle die meeste geniet van jul troue?


Elke oomblik van ons troudag was spesiaal, veral toe ons mekaar die eerste keer sien en die bruid tussen vriende en familie deur stap na haar bruidegom toe. Omdat die bruidspaar so “easy-going” is, was dit ʼn troue sonder tierlantyntjies, speels en eenvoudig, nes ons dit wou hê! Ons grootste trou wens, om heel aand lekker saam met die gaste te kuier, is bewaarheid. Die lounge seating en die bowl foods wat dwarsdeur die aand bedien was het gehelp met die gesellige atmosfeer.

Een gas het dit as volg beskryf: “Verrassing op verrassing het miraculously uit die kombuis gekom…en die een gereg was so lekker soos die vorige en volgende.”

 

Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0021

Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0022 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0023 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0024 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0025 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0026 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0027 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0028 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0029 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0030 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0031 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0032 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0033 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0034

Advies vir ander paartjies:


Volg jou eie kop en “don’t sweat the small stuff”. Ons troue het ons persoonlikhede weerspieël en die gaste het dit gate uit geniet.

Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0035 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0036 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0037 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0038 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0039 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0040 Ciske & Ockie se troue soos op www.mooitroues.co.za_0041

    Artikel Diensverskaffers:

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers: